赛派号

旅行必备神器多功能洗漱杯 Bitterfontein

BitterfonteinDorpieBitterfontein Bitterfontein se ligging in Wes-KaapKoördinate: 31°02′10″S 18°15′58″O / 31.03611°S 18.26611°O / -31.03611; 18.26611Land Suid-AfrikaProvinsieWes-KaapDistrikWeskus MunisipaliteitMatzikamaOppervlak[1] • Totaal39,90 km2 (15,41 vk. myl)Bevolking (2011)[1] • Totaal986 • Digtheid25/km2 (60/vk. myl)Rasverdeling (2011)[1] • Wit mense4.7% • Indiërs/Asiërs0.4% • Bruin mense91.2% • Swart mense3.5% • Ander0.2%Taal (2011)[1] • Afrikaans97.4% • Xhosa1.3% • Ander1.2%Poskode (strate)8200Poskode (posbusse)8200Skakelkode027

Bitterfontein is 'n baie klein dorpie in die noordweste van die Wes-Kaap aan die N7 nasionale pad tussen Kaapstad en Windhoek, net suid van die Noord-Kaapse grens en 14 km noord van Nuwerus. Die spoorlyn van Kaapstad na Namakwaland kom by Bitterfontein tot 'n skielike einde.

Bouwerk aan 'n smalspoorlyn is in 1869 van die kopermyn op Okiep na die uitvoerhawe by Port Nolloth begin nadat die kopererts voorheen per ossewa daarheen vervoer is. Dié spoorlyn is in 1876 voltooi. Dit is tot 1941 gebruik toe die diens gestaak is weens mededinging met padvervoer. Intussen het die spoorweg uit die Kaap Bitterfontein in 1927 bereik nadat dit in 1926 tot op Lutzville voltooi is. Die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAS) het dadelik sy pas gestigte Padvervoerdiens tussen Bitterfontein en Springbok ingestel omdat sir William Hoy (SAS se hoof van 1910 tot 1929) juis toe besef het dis goedkoper om paddienste na afgeleë plekke in te stel as om die spoorweg daarheen te verleng. Ook het die padvervoerdiens die voordeel gehad dat dit vrygeskeld is van voertuiglisensies (dis eers in 1990 ingestel).

Ondanks dié toegif was die Padvervoerdiens tussen Bitterfontein en Springbok onekonomies; dus is dit in 1930 beëindig. 'n Springbokse motorhawe-eienaar, Joe Jowell, het gevolglik met J.D. du Plessis saamgespan en Jowells Transport gestig. Hul eerste voertuig was 'n ou Buick-motorkar wat in 'n vragmotor omskep is. Dié twee sakemanne het besef die Namakwalandse Spoorweg sou kwesbaar wees vir 'n alternatiewe uitvoerroete per vragmotor tot op Bitterfontein en van daar per spoor tot in Tafelbaai. Kort voor lank het hulle 'n vloot vragmotors in bedryf gehad wat eindelik al die Namakwalandse Spoorweg se sake kon afrokkel omdat net twee van Jowells se voertuie voldoende was om 'n hele Namakwalandse trein se vrag te vervoer. Jowells het eindelik die maatskappy Trencor geword, wat op sy beurt baie van Spoornet se algemene sake afgeneem het.[2]

Een van die wêreld se grootste treinrooftogte het in 1931 hier plaasgevind toe £80 000 se diamante uit 'n possak verdwyn het.

Bitterfontein het sedert 1971 sy eie munisipaliteit gehad, maar dit is met die nuwe munisipale bedeling in 2000 afgeskaf. Sedertdien word Bitterfontein deur die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit, deel van die Weskus-distriksmunisipaliteit, geadministreer.

Die dorpie Rietpoort is sowat 25 km wes; slegs bereikbaar per grondpad.

Sien ook[wysig | wysig bron] Lys van dorpe in Suid-Afrika Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Inligting vir toeriste Geargiveer 17 April 2007 op Wayback Machine Verwysings[wysig | wysig bron] ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Bitterfontein". Sensus 2011. ↑ (en) Soul of a Railway Geargiveer 24 Maart 2017 op Wayback Machine. URL besoek op 5 Februarie 2017. lbwWeskus-distriksmunisipaliteit, Wes-KaapSetel: MoorreesburgMatzikamaBitterfontein • Doringbaai • Ebenhaeser • Klawer • Kliprand • Koekenaap • Lutzville • Nuwerus • Papendorp • Rietpoort • Strandfontein • Vanrhynsdorp • VredendalWeskus District within South AfricaCederbergCitrusdal • Clanwilliam • Elandsbaai • Graafwater • Lambertsbaai • Leipoldtville • WupperthalBergrivierAurora • Dwarskersbos • Eendekuil • Goedverwacht • Piketberg • Porterville • Redelinghuys • Velddrif • WittewaterSaldanhabaaiBrittaniabaai • Hopefield • Jacobsbaai • Langebaan • Langebaanweg • Paternoster • Saldanha • St. Helenabaai • Stompneusbaai • VredenburgSwartlandAbbotsdale • Chatsworth • Darling • Grottobaai • Hermon • Jakkalsfontein • Kalbaskraal • Koringberg • Malmesbury • Moorreesburg • Riebeek-Kasteel • Riebeek-Wes • Yzerfontein

版权声明:本文内容由互联网用户自发贡献,该文观点仅代表作者本人。本站仅提供信息存储空间服务,不拥有所有权,不承担相关法律责任。如发现本站有涉嫌抄袭侵权/违法违规的内容, 请发送邮件至lsinopec@gmail.com举报,一经查实,本站将立刻删除。

上一篇 没有了

下一篇没有了